binneste
skool
pret

 

Benodigdhede:

  1. Ongeveer 250 klein kraletjies
  2. 10 groot krale
  3. Nylonrek (lengte=vier keer om jou arm)
  4. 2 krimpies (klein goue ringetjie wat  met  ‘n tangetjie platgedruk kan word)
  5. klein tangetjie
  6. vasmaak-knip
  7. naald

 

Ryg nylonrek eers deur krimpie, dan deur vasmaak-knip,

dan weer deur dieselfde krimpie.

 

Neem tangetjie en druk krimpie plat.

 

Maak seker dat krimpie so platgedruk is dat die rek nie sal losglip nie.

 

Ryg een klein kraletjie in, dan een groot kraal.

Daarna: ryg ses klein kraletjies en een groot kraal.  Herhaal totdat armband lank genoeg is.  Eindig met een groot kraal gevolg deur een klein kraletjie.

 

Ryg ‘n krimpie in.  Ryg rek deur die ander lussie van die vasmaak-knip.  Ryg dit weer deur dieselfde krimpie.  Druk krimpie plat met tangetjie.  Jy kan hier ophou as jy wil, of jy kan aangaan…

(Tot hier sal jy regkom sonder ‘n naald, maar nou sal jy ‘n naald nodig hê.)

 

Steek rek deur die naaste groot kraal.  Ryg ses klein kraletjies in en ryg deur volgende groot kraal.  Gaan so aan totdat jy weer by die knip is.  Herhaal totdat daar vier stringetjies klein kraletjies tussen die groot krale is.

 

 

Dit is vir die Here mooi as jy jou tyd en energie gebruik om goeie goed te doen.  Hy glimlag as jy iets moois gemaak het.  

 

Onthou, die Here is die grootste Kunstenaar van alle tye!  Kyk ‘n bietjie hoe mooi skilder Hy ‘n sonsondergang.

Maak self ‘n spoggerige armband!