binneste
skool
pret

Maak ’n kaartjie en verbly ’n hart

 

Benodighede:

     · Karton vir die kartjie

· Dikkerige oorskiet-karton (bv. van ‘n graanflokkieboks)

· Aluminiumfoelie (die dikker tipe)

· Tou

· Gom / gompen

· Mooi blommetjie en veer

 

Metode:

· Vou en knip die karton sodat dit die kaartjie vorm.

· Sny  klein blokkies van oorskiet-karton uit.

· Sny  groter blokkies van oorskiet-karton uit.

· Plak die blokkies karton op die kaartjie soos dié

   in die voorbeeld.

· Plak tou in krulletjies tusen die blokkies karton

  soos in die voorbeeld.

· Sny foelie.

· Smeer bietjie gom oor die agtergrond en die

  blokkies karton.

· Plak die foelie versigtig vas.

· Plak nou die veer en blom op die kaartjie.

 

Vou die kaartjie oop, skryf ’n mooi boodskappie daarin,

en siedaar! Jy is gereed om iemand se hart te verbly

met jou mooi kunswerk.

 

 

 

Maak ’n verskil met ’n vrolike kaartjie!

Verras iemand in jou gesin met ’n mooi kaartjie. Maak kaartjies vir die sendelinge van jul kerk en pos dit vir hulle.  Maak kaartjies vir eensame ooms/tannies van die ouetehuis. Verras jou juffrou of ’n maat met jou skeppingswerk!