binneste
skool
pret

Geskenkdosie met gesiggies!

 

BENODIGDHEDE

Sneespapier (“tissue paper”)

Kraletjie-draad

Kraletjie-rek

Tangetjie

Kraletjies

Krimpies

Geriffelde karton dosie (piramide-vormig)

“Double-sided tape”

 

 

METODE

1. Vou die dosie en ryg die rek deur die boonste gaatjies.

2. Knoop dit stewig vas.

3. Ryg mooi kraletjies deur die punte, eindig elke punt

     met ’n krimpie wat jy platdruk met ’n tangetjie.

4. Knip drie sirkels uit die sneespapier.

5. Druk ’n kort stukkie draad deur aldrie sirkels sodat dit soos ’n gesiggie lyk.

6. Ryg ’n mooi kraletjie bo-op en maak vas met krimpie.

7. Plak die gesiggie aan die dosie met “double-sided tape”.

 

Siedaar! ’n Pragtige geskenk-dosie!