binneste
skool
pret

Maak kersversierings

 

BENODIGDHEDE

· ’n Polistireen ring

· Materiaal (rooi,groen of goud lyk mooi vir kersversierings)

· Lint waaraan jy die kransie kan ophang

· Ander kersversierings bv. strikkies en klokkies

· Skêr (as jy een het wat sig-sag sny, is dit die beste)

· Sosatiestokkie

 

METODE

· Sny sowat 60 blokkies uit die materiaal (11 cm wyd en 11 cm lank)

· Vou elke blokkie dubeeld, en weer dubbeld.

· Sny nou die hoekie rond sodat die blokkie ’n mooi sirkeltjie vorm.

· Druk elke sirkeltjie met die sosatiestokkie in die polistireen in.

· Plak die klokkies en strikkies vas (jy kan dit ook vaswerk) aan sommige van die lappies.

· Druk in totdat die polistireenring vol lappies is.

· Bind die lint om die ring en hang op waar almal dit kan sien!