binneste
skool
pret

Ek het nie maats nie!

                                  deur Ansie Fouché

 

Het jy al gevoel asof jou hart wil breek omdat jy nie ’n maat het nie, of omdat ’n maat lelik met jou was?

Kom ek vertel vir jou ’n geheim:

Jy is nie die enigste een met wie dit al gebeur het nie!

Dit gebeur een of ander tyd met elke mens.

 

 

Merk ‘Ja’ as die volgende al met jou gebeur het:

 

Maatjies het al:  

· My geklap, geknyp, geskop of selfs gespoeg

· My lelike name genoem

· Jokstories (of miskien ware stories) vir juffrou, prefekte of ander kinders gaan vertel oor my

· Iets van my geleen en dit toe nie teruggee nie

· My nie genooi na ‘n verjaarsdagpartytjie nie

· My gelos vir ‘n ander maat

· My maat afgevat of probeer om my maat af te vat

· Vir my gesê ek word te gou kwaad

· Wil nie vir my kans gee om die baas te wees nie

· Wil nie speel wat ek wil speel nie

· ‘n Geheim van my oorvertel

· Oor my geskinder by ander kinders

· My gespot oor my naam of iets lelik oor my familie gesê

· Vir my gesê hy/sy is beter as ek in sport/skoolwerk

   

 

As jy ‘ja’ op een of meer van hierdie stellings gemerk het,

beteken dit dat jy ‘n NORMALE KIND is en

dat daar regtig niks fout is met jou nie.

 

Van hierdie goed het al met  ALLE maats gebeur.

Ander kinders (en miskien jy) moet nog leer hoe om op die regte manier op te tree teenoor mekaar.

Maats verbreek baie kere vriendskappe met mekaar oor redes soos hierbo.

 

Hoekom is dit belangrik om met maats te speel?