binneste
skool
pret

Help! Ek lewe in chaos!

 

 

Het jy geweet dat God ‘n God van orde is?

 

‘n Paar voorbeelde in die Bybel:

Bid:

Here, ek weet nou dat U ‘n God van orde is.

Ek sukkel, want dit is vir my sleg om goeters reg te pak en

moeilik om my goed netjies te hou.

Help my om vir elke ding ‘n plekkie te kry en dit altyd daar te bêre.

Help my om my tyd slim te beplan sodat ek tyd het om U beter te leer ken,

om al my verantwoordelikhede na te kom,

en om lekker goed saam met my gesin en vriende te doen.

Ja, meestal
Soms
Nee, feitlik nooit
Ek weet waar my klere / boeke / speelgoed is en kry dit maklik.
My kamer is netjies met elke ding op sy plek.
Ek is betyds vir afsprake.
Ek voltooi my take betyds sonder om alles te los vir die laaste minuut.
Ek kan vooruit beplan.
Ek onthou om te doen wat ek gesê het ek sal doen.

Hoe geordend is jou lewe? Of lewe jy in redelike chaos? Toets jouself:

Probeer dit:

Beplan jou week met tye elke dag vir

Bybellees en bid,

tyd vir skoolwerk en sport, tyd vir eet,

ontspan en opruim.

 

Besluit:

Ek sal elke dag al my goedjies self optel.

Ek sal my werk- en speelareas skoon en netjies hou.

Ek sal goed bêre waar dit hoort.

Ek sal verlore goed terugbesorg aan hul eienaars.