binneste
skool
pret

“Totsiens, verlede – hello, toekoms!”

       deur Jeanette Oberholster

 

HOE KAN JY VERDER GROEI?

· Oefen gereeld en eet gesond.

· Oefen ook jou geestelike spiere –

   maak tyd vir gebed en Bybellees.

· Ontspan gereeld.

· Werk aan jou verhouding met jou familie.

· Wees spaarsamig.

Kies goeie vriende.

HELP OM JOU FAMILIE TE HERBOU

· Respekteer mekaar.

· Waardeer mekaar.

· Maak tyd vir mekaar.

· Sê elke dag iets mooi vir jou pa, ma, boeties en sussies.

Tot vandag was jy nog soos ’n kuikentjie in sy dop. Vir lank het jy met al die probleme van Pappa en Mamma se egskeiding, met jou kop tussen jou bene in jou “dop” gesit, maar met VERGIFNIS in die vorige uitgawe, is jou “dop” gebreek. Jou lewe gaan van vandag af baie anders wees. Jy het nou
gegroei en baie sterker geword.

 

HOU FAMILIE-AANDE EN BESPREEK PROBLEME.

Julle kan elkeen die volgende invul en dan saam bespreek:

       o My grootste vrees is …………………………….  

o ’n Wonderlike herinnering van ons gesin  ……………………………

o Ek voel baie hartseer oor ……………………….  

o Ek voel kwaad oor………………………  

o Ek voel gelukkig as …………………  

o Ek waardeer my ma omdat ……………  

o Ek waardeer my pa omdat ……………  

o Ek voel goed as my pa ……………..

o Ek voel goed as my ma ………………

o Ek voel skaam oor ……………

 

EN WAT AS PAPPAN NUWE VRIENDIN KRY EN MET HAAR TROU?