binneste
skool
pret

Pappa en Mamma gaan skei – wat nou?  (2)

deur Jeanette Oberholster

 

Verlede keer het julle gesien dat, wanneer iets slag met jou gebeur, dit is soos om in ’n gat te val. Erna het in so ’n gat geval toe sy hoor dat haar Pa en Ma gaan skei.  Die eerste fase waardeur sy moes werk, is SKOK. Kyk na die prentjie van die gat hieronder, waarin Erna val, dan sien jy in die volgende twee blokkies die woorde:  ONTKENNING en WOEDE.

 

Vandag kyk ons wat hierdie woorde beteken.

 

……Erna val al verder en verder af in die gat (egskeiding). Sy skreeu en huil – later word sy stil en baie bang, want sy wonder hoe diep hierdie gat is waarin sy nou besig is om in te val. Sy maak haar ogies toe en dink aan alles wat besig is om met haar te gebeur en wat nog gaan gebeur. - Sy sê vir haarself: “Nee, dit gebeur nie regtig nie. Dit is alles net ’n droom...”

 

Is jou pappa en mamma besig om te skei of dalk reeds geskei? Dan het jy seker ook soos Erna al gesê “dit voel of ek droom” of  “nee, dit kan nie waar wees nie” – Hierdie reaksie noem ons ONTKENNING.

Erna besef dat dit nie ’n droom is nie. Dis regtig. Nou word sy kwaad. ’n Ander woord vir ‘kwaad’ is WOEDE. Sy’s kwaad vir haar pappa, vir haar mamma, vir Jesus en vir haarself!

 

Ons mag kwaad word, dis normaal. Die Bybel sê jy moet net nie dat die kwaad jou sonde laat doen nie. Psalm 4:5 “As jy kwaad word, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê en laat dit  daarby.” Efesiers 4:26 “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie.

 

Dit is belangrik dat jy besef ’n mens kan niks doen om hierdie gevoelens te keer nie, want God het hulle so uitgewerk om ons te help, want SKOK gee jou krag om jouself te verdedig. ONTKENNING help jou om die tyd om te kry en WOEDE is weer nodig om jou op die ou einde te help om uit die gat uit te klim. Dink aan ’n motor wat in ’n gat vassit. Jy het baie krag nodig om hierdie motor uit die gat te stoot.

skok

ontkenning

onderhandeling

depressie

aanvaarding

Gat

herbouing

Arme Erna.

Hoe gaan sy ooit weer uit

hierdie gat kan kom?

Lees verder...

 

Het jy dringend

iemand nodig om

mee te praat?

 Childline                         

        Tel. 08000 55555 tolvry

Radio Kansel Beraders  

       Tel. 012-334-1320

woede