binneste
skool
pret

Die leeu - die koning van die diere

 

As jy so na ’n mannetjie-leeu met sy woeste maanhare kyk en na sy harde brul luister, weet jy sommer: hierdie ou is nie sommer ’n ou troetelkatjie nie! Die leeu is die koning van die diere, en is ook bo-aan die voedselpiramide saam met karnivore soos jagluiperds, katte en roofvoëls.

 

Die trop

Die wyfies jag gewoonlik in ’n groep saam.  Hulle bekruip die prooi uit verskillende rigtings. Dan bespring hulle die prooi en byt hom aan sy keel. Die hele trop kom deel dan aan die feesmaal. ’n Trop bestaan gewoonlik uit vier tot agt wyfies en hul kleintjies, asook tussen een en ses volwasse leeumannetjies.

 

Meneer Panthera Leo

· weeg tussen 180 en 230 kg

· sowat 1.2 m hoog

· word sowat 13 tot 15 jaar oud

· maanhare groei as hy 6 maande oud is

· maanhare word donkerder hoe ouer hy word

· Hy jag selde - laat dit oor aan die wyfies

 

Mevrou Leo

 

  

 · weeg (soos dit ’n vrou betaam!) effe minder: tussen        

       115 en 135 kg

   · tussen een en vier kleintjies per keer

   · maksimum ses kleintjies op ’n slag

   · sowat 110 dae dragtig - dus amper 4 maande

 

Lees verder....