binneste
skool
pret

God is… Die Skepper

Hy het alles gemaak: die heelal met sy biljoene sterrestelsels, die planete, die mense, diere, plante. Hy het ook goedjies gemaak wat so klein is dat ons dit nie eens kan sien nie!

 

 

 

God is… Lig

In Hom is daar geen duisternis (donkerte) nie.

God is… Heilig

Hy het nog nooit iets verkeerd (sondig) gedoen nie, en sal ook nooit nie.

God is… Tydloos

Hy was van altyd af daar, en sal vir ewig wees. Vir Hom is een dag soos ’n duisend jaar en ‘n duisend jaar soos een dag!

 

 

 

God is… Alwetend

God weet alles. Hy weet wat jy gaan doen nog voordat jy dit doen! Hy weet selfs wat jy dink! Jy kan niks vir Hom wegsteek nie.

God is… Liefde

Al is Hy so groot en wonderlik en slim, en al is daar soveel miljoene mense op aarde, en al is die aarde slegs ’n spikkeltjie in die heelal, het Hy vir jou verskriklik lief! Hy ken jou op jou naam. Hy het ’n baie spesiale plan vir jou lewe.

God is… Alomteenwoordig

God is oral. Of jy nou in Suid-Afrika of in Antarktika sit, en of jy nou maan toe gaan in ’n ruimtetuig, Hy is by jou!