binneste
skool
pret
Neem Jesus aan

Mensekind

 

Ek is lief vir jou. Jy is baie spesiaal.

Jy is vir my so mooi.

Dit is vir my lekker om te sien as jy lag en vrolik is.

Ek wil graag hê dat jy eendag vir altyd saam met My

in die hemel sal kom bly.

Daar kan ons saam lag en pret hê en

al die mooi dinge saam geniet.

Daar sal niemand ooit hartseer wees of seerkry nie.

 

Maar…

Daar is dinge wat jy doen wat nie reg is nie.

Jy dink lelike dinge. Jy sê lelike goed. Jy doen slegte dinge.

Dit moet gestraf word…

 

Daarom is Ek gekruisig, Ek is in jou plek gestraf.

Dit was verskriklik seer, maar die pyn was die moeite werd,

as jy sal kies om My te volg.

 

Wil jy My Kind word? Antwoord asb gou!

 

Liefde,

Jesus

 

 

 

Wat antwoord jy vandag?