binneste
skool
pret

Visse

 

 

Visse dra nie pelsjasse nie, maar glibberige skubbe!

 

’n Vis se lyf is bedek met skubbe. Die skubbe is bedek met ’n vellaag wat bestaan uit lewendige selle. (Dit is anders as meeste diere wat se buitenste vellaag dood is.) Die lewendige selle skei slym af wat die vel beskerm. Die slym laat die vis makliker deur die water gly. (Miskien moet jy vir jou volgende swemgala jou lyf met slymerige goed smeer om vinniger te swem!) Die slymlagie beskerm ook die vis teen parasiete, bakterieë en swamme.

 

Skerp is in, rond is uit!

 

In die visse se jaarlikse swemgala stap (swem) visse wat ’n spitsvormige bou het, (soos haaie en makriele) altyd weg met die medaljes. Ouens met ronde lywe soos die blaas-op, swem nog moedig voort, dan maak haai en makriel al reg vir volgende jaar se gala!

 

Blaas op vir vyande

 

Ou blaas-oppie kan nou wel nie vinnig vir vyande wegswem nie, maar as hy in gevaar is, blaas hy homself op sodat die stekels uitstaan. Sy vyande dink twee keer voordat hulle dan met hom sukkel!

 

Lees verder...