binneste
skool
pret
Loof en prys die Here

Om God te loof en te prys vra:

· Dat Hy jou beste Vriend moet wees.

· Dat jy moet onthou dat Hy die hele tyd by jou is.

Jy is besig om met Hom te praat (al sing jy) en Hy luister na jou!

· Dat jy moet onthou dat dit Sy plan is dat jy Hom moet loof en prys.

Hy waardeer dit.

· Dat jy sal bedoel wat jy vir God sê of sing.

· Dat jy aan Sy goedheid sal dink en jou gevoelens met Hom sal deel.

· Dat jy sal onthou om Hom elke keer wanneer jy bid, te loof en te prys.

Deur Susan Botha

 

Het iemand jou al geprys vir iets wat jy gedoen het?

Miskien jou juffrou of  dalk Pappa en Mamma?  

Dink so bietjie terug. Hoe het jy gevoel toe Mamma

vir jou gesê het: ”Ek is so trots op jou!” of toe Pappa vir

jou gesê het: “ Dankie ou seun, jy is ’n staatmaker!”

Dit was lekker, né?

Almal van ons hou mos daarvan dat ander mense mooi

dinge vir ons sê. Net so is dit met God ook. Hy wil ook hê

dat jy mooi dinge vir Hom moet sê.

 

 

Jy moet vir God sê Hy is ’n wonderlike God en vir Hom vertel hoe jy lief vir Hom is.

 

In die Bybel, in Psalm 8:3 staan daar: “Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.”  Het jy dit al probeer? Het jy al vir God vertel dat Hy fantasties is , want dit is net Hy wat die skepping so wonderlik kon gemaak het. Wanneer jy dit doen, sê ons jy loof en prys die Here.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daar is baie maniere hoe jy God kan loof en prys. Kyk of jy kan agterkom wat die maniere is:

· Psalm 146:2  S - - -

· Psalm 150: 3-5 M - - - - k - - - - - - m - - - e

· Psalm 51:17 P- - - t

      · Psalm 149:3 D - - -

 

Iets om te maak: