binneste
skool
pret

Deur Susan Botha

God wil jou Vriend wees

Het jy al gewonder hoekom jy lyk soos wat jy lyk?  Hoekom het jy blonde hare en blou oë of hoekom is jy lank en maer? Miskien wonder jy hoekom jou beste maat so goed doen in Wiskunde en jy nie.

 

Het jy geweet

dat God, toe Hy jou gemaak het, jou spesiaal so gemaak het?  Hy het jou so gemaak, omdat Hy ’n plan met jou lewe het. Dit maak nie vir Hom saak hoe jy lyk of hoe slim jy is nie. Hy is lief vir jou net soos jy is. Hy het jou gemaak, omdat Hy jou beste       Vriend wil wees.

 

Jy kan nou vir Hom vra om jou Vriend te wees:

Vader, dankie dat U  my liefhet net soos ek is. Ek weet Jesus het  aan die kruis gesterf en weer opgestaan, sodat my sondes vergewe kan word.  Ek is baie jammer oor alles wat ek doen waarvan U nie hou nie. Jesus, vergewe my asseblief  en wees asseblief van                 vandag af my beste Vriend.

 

 

 

Noudat Hy jou Vriend is, kan jy besluit waar jy by Hom wil kuier.Kies die plek wat jou die beste pas:

In jou kamer
In jou boomhuis
In die tuin
Langs die swembad
‘n Ander plek

 

Hoe kan God jou beste Vriend word?

· Jy kan Hom vra om jou beste Vriend te wees.

· Daarna moet jy ’n plek kry waar jy elke dag by Hom kan kuier.

· Onthou dat jy nie alleen al die praatwerk moet doen nie.

  Nee, jy moet Hom ook kans gee om met jou te gesels.

   Vriende praat mos met mekaar.