binneste
skool
pret

Hy is nooit te besig om na jou te luister nie.  

Hy luister nooit net met ‘n halwe oor nie.  Hy vergeet nooit as jy vir Hom van iets vertel nie.  

Hy wil so graag hê dat jy elke dag met Hom moet gesels, want Hy wil jou beste Vriend wees.  

Hy wil hoor wat maak jou gelukkig. Hy wil ook hoor hoe jy voel as iemand jou ongelukkig maak.

Ons praat natuurlik nou van die Here!

 

 

 

Jy kan met die Here gesels oor alles:

Oor die goed wat jou

hartseer maak

bang maak

bekommerd maak

bly maak

opgewonde maak.

Het jy geweet?

 

Om te bid

is om met

die Here

te gesels.

Deur Susan Botha

 

 

“Ek kan nie wag om vir ou Gert te sien nie, ek het soveel om vir hom te vertel!  Ek wil vir hom vertel van al die pret wat ons hierdie vakansie gehad het! Ek wonder watse goed het hy alles aangevang…”

 

Is dit vir jou ook lekker om vir iemand te vertel van alles wat met jou gebeur en van al die dinge waaroor jy wonder?  Hou jy daarvan om te gesels?

 

Met wie kan jy almal gesels?  

Met Pappa en Mamma, jou boetie en sussie, Meneer of Juffrou, en natuurlik met jou maats!

 

Maar daar is nog iemand met wie jy kan gesels.  

As jy ‘n nuwe speelding kry of Juffrou sê dat jy vandag baie mooi gewerk het, kan jy dit vir die Here vertel.  Hy wil hê jy moet met Hom daaroor gesels.

 

In die Bybel staan daar  in Matteus 19:14 dat mense nie  mag keer dat kinders na Jesus toe mag gaan nie.  Dit beteken dat niemand kinders mag keer om met Hom

te gesels nie.

Gesels met God