binneste
skool
pret

Gholf

                                                                deur Charles Hills

 

Geskiedenis van gholf

Gholf is een van die oudste sportsoorte. Die Romeine, wat die wêreld regeer het nog voordat Jesus gebore is, het al gholf gespeel. Dit was ‘n ander soort gholf, want hulle het nie moderne stokke en balle gehad nie. Die gholf wat die mense vandag speel, het in Skotland ontstaan. Daar het hulle al amper 400 jaar gelede die eerste reëls opgestel. Later het al die lande dieselfde reëls begin gebruik.

 

Hoe werk gholf?

Putt-putt is ‘n bietjie soos gholf. ‘n Gholfbaan het 18 putjies (gaatjies) wat baie ver van mekaar af is. Net soos met putt-putt, is dit nie maklik om die bal sommer reguit in ‘n putjie in te slaan nie. Op die gholfbaan is daar lang gras, bome, watergate en sandkuile in jou pad. Net die stukkie gras om elke putjie is mooi gelyk en glad gesny. Dit is die setperk. Daar gebruik jy ‘n spesiale stok, ‘n setyster, om die bal in die putjie in te slaan.

 

‘n Spesiale balletjie

Die klein duikies op ‘n gholfbal maak dat die balletjie verder en reguit trek as jy hom slaan. Die binnekant van ‘n gholfbal bestaan uit dun rek wat in ‘n stywe balletjie gedraai is.

Watter stok?

Behalwe die setyster, is daar nog 13 ander soorte stokke wat jy kan gebruik. Met party stokke slaan ‘n mens die bal baie ver en met ander slaan jy dit hoog in die lug of maklik uit ‘n plek soos ‘n sandgat uit.

Oulike karretjies

Mense wat nie meer ver kan loop nie, gebruik karretjies om van putjie tot putjie te ry. Daar is ook joggies wat ‘n mens se gholfstokke vir jou kan dra. Hulle gebruik ‘n gholfsak.

 

Lees verder...