binneste
skool
pret

Hokkie

 

                                                         Deur Charles Hills

 

Julle het seker al gesien hoe speel mens hokkie. Dit lyk mos baie soos sokker, behalwe dat die bal klein en hard is, amper soos ‘n krieketbal. Daar is elf spelers aan elke kant. Hulle moet die bal tussen die doelpale  van hulle opponente deur slaan, dan kry hulle een punt. Ons noem dit ‘n doel.

 

Die spelers mag die bal net met hulle hokkiestokke slaan. Hulle mag dit nie skop, of daaraan vat nie. Tien van die spelers hardloop oral op die veld rond. Hulle is aanvallers of verdedigers. Die elfde speler is die doelwagter wat moet keer vir die vale dat die ander span nie ‘n doel aanteken nie!

 

Geskiedenis van hokkie

Hokkie is een van die oudste soorte sport waarin spanne teen mekaar speel. Ons noem dit ‘n spansport. Die slim omies sê mense het al 4 000 jaar gelede speletjies met stokke en ‘n bal gespeel wat baie lyk soos ons hokkie van vandag. Dit was nogal in Egipte. Wie weet, dalk het Moses ook hokkie gespeel toe hy in die Farao se paleis groot geword het!

 

Hokkie soos ons dit nou speel, het 200 jaar gelede in Engeland ontstaan. Van daar af het dit oor die hele wêreld versprei.

 

Hokkie is een van die sportsoorte wat by die Olimpiese Spele gespeel word. Daar is ook ‘n hokkie-wêreldbeker elke 4 jaar, net soos met sokker, krieket en rugby.

 

 

Wie speel almal hokkie?

Dit is ‘n spel wat seuns en dogters graag speel.  In Amerika alleen speel omtrent 100 000 meisies hokkie.

In die ou dae het seuns nie graag hokkie gespeel nie. Vandag speel seuns net so lekker!

 

Lees verder...