binneste
skool
pret

Rugby   

Deur Charles Hills

 

Is jy ’n Blou Bul? Of skree jy dalk vir die Sharks of die Leeus? Nou weet jy seker van watter sportsoort ons praat! In ons land is die meeste mense baie lief vir rugby.

 

Was julle al op Loftus of Ellispark as daar ’n groot wedstryd plaasvind? Daar is gewoonlik duisende toeskouers by die wedstryde, veral as dit ’n toetswedstryd is tussen die Springbokke en ’n span van ’n ander land.

 

Die spanne wat vir hulle lande te speel het gewoonlik spesiale name. Hier is ’n paar wat julle seker baie goed ken:

Suid-Afrika - Springbokke

Nieu-Seeland - All Blacks

Australië - Wallabies

Frankryk - Hane

Engeland - Rose

 

Hoe rugby ontstaan het

Twee honderd jaar gelede het die mense al ’n spel gespeel met ’n ronde bal wat jy tussen doelpale deur moes skop om punte aan te teken, net soos met sokker, maar hulle kon ook die bal vang as hulle wou en dit dan skop. ’n Speler kon nie punte aanteken deur die bal agter die doellyn te druk nie.

 

In daardie jare was daar nie duidelike reëls vir die sport nie. Die groot skole in Engeland het sommer hulle eie reëls opgestel sodat hulle nie moet sukkel as hulle teen mekaar speel nie. Een van die skole se naam was Rugby.

 

Eendag het een van die seuns, William Webb Ellis, opgewonde geraak. Hy het die bal gegryp en daarmee gehardloop tot by die teenstanders se doelpale! Dit was sommer ’n lekker nuwe speletjie en die skool het spesiale reëls daarvoor opgestel. Die ander skole het ook daarvan gehou en so is rugby gebore!  Dis maar net een van die verhale van hoe rugby begin het, maar niemand weet of die storie regtig waar is nie.

 

Lees verder...