binneste
skool
pret

Swem

 

Swem is een van die gewildste sporte in die wêreld.

 

Het jy geweet?

 

· Volgens rekords is die eerste swemkompetisie in Japan gehou in

     36 vC – reeds 2040 jaar gelede!

· Swem is een van die gesondste sportsoorte, omdat die hele liggaam – spiere, hart en longe, op ‘n besondere wyse saamoefen.

 

Die vinnigste en sterkste swemmers in die wêreld ding teen mekaar mee by die Wêreldkampioenskappe en by die Olimpiese Spele.  Die kompetisies vind plaas in ‘n swembad wat 50m lank is, en verdeel is in 8 bane.  Afstande wat geswem word, wissel van 50m tot 1500m.  

 

Top swemmers spesialiseer gewoonlik in een van die volgende:

· rugslag

· borsslag

· vlinderslag

· kruipslag

 

’n Swemkappie help om die swemmer meer vaartbelyn te maak en hou ook die hare uit die oë.

’n Swembril (“goggles”) beskerm die oë en maak dit makliker om onder die water te kan sien.

 

Swem en weerlig

 

Weerlig is nie iets om mee te speel nie!

 

Sodra donderweer en/of weerlig opgemerk word, bepaal die tyd vandat jy die weerlig gesien het totdat jy die dreuning van die donderweer hoor.  Vir elke 5 sekondes tussen die weerlig en die dreuning, is die weerlig 1.6 km ver weg.

 

Weerlig tot dreuning        Afstand in km’s van weerlig

   5 sekondes                     1.6 km

10 sekondes                     3.2 km

15 sekondes                     4.8 km

20 sekondes                     6.4 km                 

30 sekondes                     9.6 km

 

 

Indien die tyd vanaf weerlig tot dreuning 30 sekondes of minder is, moet jy onmiddellik uit die swembad klim.

Droog jouself af, veral jou voete, en moenie in ’n poeletjie water staan nie.