binneste
skool
pret

Uit die dagboek van…

’n Ballerina

 

Oe, ek onthou nog hoe opgewonde ek was toe Mamma my na my eerste balletlessie geneem het. Ek was so opgwonde om my leotard, pienk sykouse en pienk balletskoene aan te trek. Mamma het maar gesukkel om my weerbarstige hare in ’n bolla te kry, maar eindelik het ek nes ’n ballerinatjie gelyk (en gevoel!)

 

 

Die ballettannie was baie vriendelik. Sy het vir my gewys hoe om my hande sag en rond te hou. Ons moes rondtrippel soos skoenlappertjies wat liggies dartel van blommetjie tot blommetjie.

 

Soos ek ouer geword het, het die passies meer ingewikkeld geword. En elke passie het ’n naam in Frans, wat beteken dat ek sommer ’n klomp Franse woorde ook moes leer!

 

Plié = [Uitspraak: plie-jy] =Buig en strek bene

Devant =[de-vong] = voor

Derrière = [der-je] = agter

Pas de chat = [pa de sja] = passie van ’n kat

Pirrouette = [pi-roe-et] = vinnige draai

 

Lees verder...