binneste
skool
pret

Wen is nie alles nie

 

Vroeg in die jaar is mos atletiektyd. Hardloop, hekkies, verspring, hoogspring, gewigstoot… Sommige van ons is baie vinnig en sterk en doen sommer goed in al die items. Ander het dalk een item waarin hulle goed vaar. En dan is daar sommiges wat net nie goed vaar in enige van die items nie.

 

 

As jy een van die gelukkiges is wat goed vaar, onthou:

· Oefen hard.

· Moenie moed opgee nie.

· Luister na jou afrigter.

· Doen altyd jou bes.

· Wees vriendelik teenoor jou mededingers.

· Moet nooit iemand anders spot wat nie so goed vaar nie.

· Sê vir die Here dankie vir jou talent.

 

 

s jy sukkel en nie regtig van atletiek hou nie, onthou:

· Probeer steeds jou beste.

· Of jy eerste of laaste kom, maak nie van jou ’n beter of ’n slegter mens nie – almal het nie dieselfde talente ontvang nie.

· Wys dat jy goeie sportmangees het – wens die wenners van harte geluk.

· Neem aan ander sporte / oefening deel wat vir jou lekker is.

· Oefening is BAIE gesond en laat jou sommer baie goed voel.