binneste
skool
pret

Machu Picchu

                                                 deur Riëtte Odendaal

 

Peru is tog net té interessant en ek kon dit nog nie heeltemal regkry om te toedeldoe nie! Vandag neem ek julle na ’n plek met die naam Machu Picchu…

 

Daar bly nie meer vandag mense op Micchu Pichu nie. Dit is ’n hele stad wat uit klip gebou is en vir honderde jare onder die plante van die Amasonewoud begrawe was.

 

Mnr. Henry Bingham het die stad ontdek en dit weer tussen die bome en plante uitgegrawe vir ons om te waardeer.

 

 

Die stad is aan die kant van ’n berg en al die huise is van klip gebou. Verbeel jou… alles van klip, in ’n tyd toe daar nog geen hyskrane, bore en gereedskap was nie! Die klippe is met klipbyle gekap om hulle reg te vorm. En wat van bouplanne? Klein modelle is van klip gemaak. Bouers moes dan daarna kyk om te sien hoe hulle die klippe moes kap.

 

Priesters en vername mense se huise is op ’n spesiale manier gebou. Die klipstene het baie presies bymekaar ingepas. Daar was geen gaatjies tussenin nie. Vir gewone middelklas mense is die klippe sommer net opmekaar gestapel. So kon hulle tyd spaar, ander sou dit nóg meer as ’n honderd jaar geneem het om huise vir 800 mense te bou!

 

Omdat die stad teen die kant van ’n berg was, moes hulle spesiale trappe  - terasse – bou, waarop hulle mielies en koring kon plant.