binneste
skool
pret

Hoe werk dit: selfone en telefone?

 

Praat maklik oor ’n afstand

 

Telefone, selfone, radio, televisie, radar en die internet is almal langafstand kommunikasiestelsels. Telefone en selfone is instrumente wat dit vir ’n mens moontlik maak om met iemand te praat wat op ‘n ander plek as jy is. ’n Foon   verander jou stem se klanke in elektriese seine wat deur elektriese- of glasveselkabels gelei word. Die seine bereik ‘n foon in ‘n ander straat of land binne sekondes. Selfone werk effens anders: hier word die klanke verander na mikrogolwe wat deur die lug na ‘n ander foon gestuur word.  Hier word dus nie kabels gebruik nie.

 

Waar kry ’n selfoon sy naam?

 

Duisende kilometers bokant die aarde wentel mensgemaakte satelliete.  Hulle herlei die elektromagnetiese golwe (in die geval van selfone is dit mikrogolwe) na spesifieke geografiese areas van die aarde.  Elkeen van hierdie areas word ‘n sel genoem.  Ses en sestig mensgemaakte satelliete vorm ‘n globale netwerk wat die hele oppervlakte van die aarde dek.

 

’n Foongesprek

 

· Wanneer jy die telefoonnommer indruk, veroorsaak die druk van die knoppies elektriese seine.

· Die telefoon skakel die seine om na ligflitse wat m.b.v. glasveselkabels na die telefoonsentrale gelei word.

· By die telefoonsentrale word die seine in radiogolwe omgeskakel en deur ‘n sender na die ruimte gestuur.

· ‘n Satelliet in die ruimte ontvang die golwe en herlei dit na ‘n telefoonsentrale in ‘n ander stad of land.

· Die telefoon van jou vriend ontvand die sein van die telefoonsentrale en lui.

· Wanneer die vriend praat, word sy stem in seine omgeskakel.  Die seine kom dan op dieselfde wyse weer by jou telefoon uit.

 

Wat is die eerste woorde wat oor ‘n telefoon gehoor is?

 

Dr. Alexander Graham Bell is die uitvinder van die telefoon. Hy het met klankgolwe geëksperimenteer op soek na ‘n metode om dowe kinders te leer praat. In 1876 het hy sy assistent deur sy telefoon geroep: “Kom asseblief hier, ek het jou nodig.” Sy eerste telefoon het bestaan uit ‘n dun metaalplaatjie wat baie naby aan ‘n magneet gemonteer was. Om die magneet was daar ‘n spoel van fyn draad gedraai.

 

Waar is die eerste telefoonsentrale in SA opgerig?

 

In Port Elizabeth in 1882.