binneste
skool
pret

Hoe werk klank ?

 

Het jy al ooit ’n weerligstraal gesien, en dan eers ’n hele rukkie later die slag gehoor? Die lig en die knal van die ligstraal gebeur egter gelyktydig.  Jy sien die weerligstraal eerste, omdat lig baie vinniger as klank beweeg. Hoe verder die weerlig van jou af is, hoe langer sal jy moet wag om die dreuning te hoor.

 

Sodra donderweer en/of weerlig opgemerk word, bepaal die tyd vandat jy die weerlig gesien het totdat jy die dreuning van die donderweer hoor.  Vir elke 5 sekondes tussen die weerlig en die dreuning, is die weerlig 1.6 km ver weg.

 

      Het jy geweet?

’n Harde klank soos donderweer, en ’n sagte klank soos ’n fluistering, beweeg teen dieselfde spoed deur die lug.

 

Hoekom kan ’n panfluit verskillende note maak?

 

Die klank uit die langer pypie klink laer, en dié uit die korter pypie klink hoër. Die langer pypie vibreer stadiger as jy daaroor blaas.  Dit veroorsaak ’n klankgolf met ’n langer patroon. ’n Korter pypie vibreer vinniger, veroorsaak korter klankgolwe, en dus ’n hoër klank.

 

Maak jou eie panfluit!