binneste
skool
pret

Hoe werk ’n kamera?

 

Fotografie is een van die belangrikste uitvindings, want dit het di manier verander waarop mense die wêreld sien. Ons kan nou baie goed sien wat duisende kilometers van ons af is, en met die fotografie van planete en ander hemelliggame, kan ons selfs goed sien wat jare van ons af is!

 

’n Eenvoudige filmkamera bestaan uit drie basiese elemente:

· die optiese element ((lens),

· die chemiese element (film) en

· die meganiese element (die “lyf”van die kamera self).

 

Die optiese element van die kamera, die lens, is eintlik maar net ’n stuk glas of plastiek wat op ’n spesiale manier gebuig is. Die doel van die lens is om die liggolwe wat van die voorwerp af “bons”, in nuwe rigtings te stuur sodat die regte beeld op die film gevorm kan word.

 

Eksperiment om te verstaan hoe ’n kamera fokus:

· Steek ’n kers aan in ’n donker vertrek (sorg dat Pappa of Mamma naby is).

· Hou ’n vergrootglas tussen die kers en die muur.

· Jy behoort nou ’n onderstebo beeld van die kers teen die muur te sien.

· As die beeld baie dof is, beweeg die vergrootglas nader aan of verder van die kers af en kyk waar kry jy die beste beeld.

· Net soos jy nou ’n beter beeld verkry het deur die vergrootglas te skuif, verkry jy ’n skerper foto deur te sorg dat die fokus van die kamera reg is. Dit doen jy deur die lens verder of nader aan die film te beweeg.

· ’n Digitale kamera fokus nie die beeld op ’n film nie, maar op ’n elektroniese sensor.

 

 

Lees meer oor lense en digitale kameras...