binneste
skool
pret

Hoe word swaar goed opgelig?

 

Mense het spiere en as ons dit oefen, word ons baie sterk. Maar soos die wêreld ontwikkel het, wou mense swaarder goed optel, en het hulle slim planne gemaak om swaar goed makliker op te lig. Een van die eenvoudigste planne, is die katrol.

 

’n Katrol is ’n eenvoudige masjien wat bestaan uit wiele. ’n Katrolwieletjie draai op ’n as. Daar is ‘n groefie op die rand van die katrolwiel wat die tou in plek hou.

 

Die eenvoudigste katrolstelsel bestaan uit een katrolwiel en ’n tou. Katrolle word gebruik om swaar vragte op te lig, byvoorbeeld die seile van ’n boot. Die tou word aan die een kant aan die vrag vasgebind. Jy trek aan die ander kant van die tou en trek dan die vrag oor die katrol.

 

’n Tou en katrol vermeerder nie die oplig-krag wat jy op die tou uitoefen nie. Maar dit verander die rigting waarin jy moet trek. Dit is baie makliker om iets af te trek as om dit op te lig. Dit veroorsaak dat jy die vrag makliker kan oplig.

 

Veronderstel dat jy ’n 10 kg-gewig aan ’n tou laat hang:

 

As jy hierdie gewig wil optel, sal jy 10 kg se krag opwaarts moet uitoefen. As die tou 10 m lank is, sal jy 10 m se tou moet intrek om dit op te lig.

 

 

 

 

 

Veronderstel jy sit ’n katrol by: Al wat verander, is die rigting van die krag wat jy moet uitoefen om die gewig op te lig. Jy moet steeds 10 m tou intrek as jy 10 kg 10 m wil lig.

 

 

Wat gebeur as jy ‘n tweede katrol byvoeg?