binneste
skool
pret

Kyk mooi wat jy gemerk het.  As jy nou jaloers of kwaad voel, kyk watter goeie maniere jy vandag wil uitprobeer om van jou kwaad ontslae te raak.  Of onthou dit as jy op ‘n ander dag weer so voel!

 

Hoekom is my boetie/sussie so ‘n pyn?

 

Soms kom ek nie oor die weg met my boetie/sussie nie, omdat hy/sy amper net soos ek is.  Miskien word ons altwee gou kwaad, wil ons altwee al die aandag hê, ons wil altwee die baas wees in speletjies, ons wil altwee die meeste poeding hê, en ons is altwee jaloers.

 

Baie keer doen my boetie/sussie goeters wat ek nie van hou nie. As ek dit  my maatjie was wat dieselfde goeters gedoen het, het ek hom sommer gelos. Maar nou moet ek in dieselfde huis bly as my boetie/sussie, soms   selfs in dieselfde kamer. Ons moet leer om oor die weg te kom.  

 

Dit is nie verkeerd om partykeer te baklei en kwaad te raak vir boeties en sussies nie.  Maar daar is regte maniere en verkeerde maniere van kwaadraak.

 

 

 

 

 

 

 

Kwaad en jaloersheid wil nie binne jou hart

bly nie, dit wil uitkom.

Kyk hoe:

Jesus wil hê ons moet lief wees vir ons boetie/sussie.