binneste
skool
pret

Wat groei op my brood?

 

Jy het sekerlik al afgekom op ’n ou stukkie brood wat so blouerig en draderig is… Het jy geweet dat dit ’n swam is wat op jou brood groei?

 

Wat is ’n swam?

Swamme het eienskappe wat baie soos plante is, maar hulle bevat nie die stof chlorofil soos ander plante nie. Dit veroorsaak dat hulle nie hul eie kos kan vervaardig nie en ook nie groen is nie. Swamme is afhanklik van ander organismes vir hul voedingstowwe. Hulle pas ook in die voedselketting in. Hulle is ontbinders.

 

Bekende swamme

· Sampioene

· Broodmuf

· Penisillin (antibiotika)

· Atleetvoet

 

 

 

 

 

 

Sampioene-feite

Sampioene se “saadjies” word spore genoem.

Die spore sit op die sporeplaatjies wat aan die onderkant van die “sambreel” is.

’n Egte sampioen se plaatjies is pienkerig as hulle jonk is, en donkerbruin as hulle oud is.

 

 

 

 

 

Gevaar!

Moet nooit ’n mooi sampioen wat in jul tuin opgekom het, eet nie, want daar is baie giftige soorte wat selfs jou dood kan beteken! Veral die mooies wat rooi is met kolletjies, is baie giftig.

 

Lees verder...