binneste
skool
pret

Konyne

 

Die sagste pels en die kostelikste lang ore maak dat ’n snoesige konyntjie ’n gewilde troeteldiertjie is. ’n Mens is sommer lus om die wollerige bondeltjie op te tel en te vertroetel! Maar sjoe, konyntjies kan sorg vir groot pret!

 

Toe Skatkis ’n fotosessie met konyntjies gereël het, het ons nie besef hoe rats ’n mens moet wees om hulle af te neem nie! Die bolletjies wol het die hele tuin vol gewip en ons moes bontstaan om hulle afgeneem te kry!

 

Konyne hou daarvan om in gate te woon en sommer in groot klompe bymekaar. Hulle teel verskriklik vinnig aan. Hulle kry tussen vyf en tien kleintjies so elke ses tot sewe weke. Ná agt maande is die kleintjies al weer groot genoeg om self aan te teel.

 

As jy besluit om ’n konyntjie of twee aan te hou, moet jy eerstens sorg dat hulle ’n goeie hok het. As die hok buite geplaas word, moet dit genoeg skadu hê, want hulle is baie gevoelig vir sonsteek. Omdat hulle tonnels kan grawe, moet die hok se vloer bedek wees met ’n draad “mesh”, anders kan hulle onderdeur die hok grawe en so ontsnap. As ’n mannetjie en ’n wyfie saam ontsnap, kan dit rampspoedige gevolge hê! In Australië het ’n kampie se heining waarin konyne aangehou is, afgebrand, ’n klompie het vrygekom, en kort voor lank was daar ’n reuse plaag!

 

Uitgeholde boomstompe of dakteëls wat só gepak is dat ’n afdakkie vorm, is lekker wegkruipplekkies wat ook bitjie beskerming bied.  Maak seker dat daar genoeg strooi is sodat hy vir hom ’n nes kan maak, en sorg altyd vir vars water.

 

Maak seker dat die konyn daagliks uit sy hok gelaat word om vry rond te spring. Dit hou hom gesond en gelukkig, en gee vir jou kans om met hom te speel.

 

Lees verder...