binneste
skool
pret

 

Deur Susan Kroon

 

Wanneer ’n jy ’n geleentheid raakgesien, en jou ondernemingsplan geskryf het, het jy mense (klante) nodig om jou produk of diens te koop. Mense moet weet van jou produk en jy moet hulle oorreed om dit te koop.

                   

Jy, die verkoper, wil ’n bepaalde produk, bv. T-hemde, aan mense verkoop om ekstra geld te verdien. Die vraag is nou hoe kry jy mense om jou produk te koop. Daar word gesê dat mense koop om hulle emosionele behoeftes (hoe hulle voel) en hulle rasionele behoeftes (hoe hulle dink) te bevredig. Om jou T-hemde goed te laat verkoop, moet dit mense help om goed te voel oor hulself en hulle moet trots voel om dit te besit. Terselfdertyd moet jy vir hulle ’n produk gee wat hulle kan bekostig en wat van goeie kwaliteit is.

 

Hierdie hele proses word bemarking genoem. Bemarking is ’n baie belangrike komponent vir die sukses van jou onderneming. Daarom is dit noodsaaklik dat jy ’n spesiale bemarkingsplan daarvoor moet opstel.

 

Vir jou bemarkingsplan, om suksesvol te wees, het jy die regte Produk, die regte Prys, die regte Plek en die regte Promosie nodig. Hierdie elemente word die 4 P’s genoem. Die eerste twee P’s is reeds verlede keer bespreek. Kom ons gaan kyk nou meer in diepte na die laaste 2 P’s, naamlik die plek en die promosie.

 

Volgende bladsy

Hoe bereik ek my mark?