binneste
skool
pret

Deur Susan Kroon

 

Om ’n goeie idee te hê maak nie van jou ’n entrepreneur nie! Nee, ’n mens moet ook ’n plan hê: ’n plan wat jou kan help om hierdie idee winsgewend te maak. Die plan wat ’n mens nodig het om jou idee ’n werklikheid te maak, word ’n ondernemingsplan genoem.

 

Soms is ’n mens so opgewonde oor die idee wat jy het om ekstra geld te verdien, dat jy sommer dadelik wil wegspring, sonder ’n plan.

 

Om sonder ’n plan te werk is amper soos om sonder ’n padkaart in jou motor te klim en te dink jy gaan vinnig by jou bestemming uitkom. Jy  verdwaal baie maklik! As ’n mens ’n onderneming wil begin, is daar so baie dinge om aan te dink en as jy dit nie neerskryf nie, vergeet jy dit. ’n Ondernemingsplan is ook baie belangrik wanneer jy eendag geld by ’n bank wil leen, want dit vertel vir hulle waaroor jou onderneming gaan en hoeveel geld jy nodig het.

 

As jy iemand is wat hou van lapverf en jy besluit om tydens entrepreneursdag handgeverfde T-hemde te verkoop, kan jy die volgende in gedagte hou vir jou plan:

 

Volgende bladsy

 

 

 

Hoe maak ek my idee ’n werklikheid?