binneste
skool
pret

Dolfyne

 

Akrobate van die see… Hulle geniet dit om te speel en toertjies te doen.

 

Dolfyntjies drink melk!

Dolfyne is nie visse nie, hulle is soogdiere – net soos mense. Hulle is warmbloedig en gee geboorte aan lewendige kleintjies. Die kleintjies drink selfs melk! Die melk is baie ryker as menslike of beesmelk sodat die ma haar kleintjie (kalf) so gou moontlik so veel as moontlik voedingstowwe kan gee.

 

 

 

Tannie dolfyne

Dolfyne word stert eerste gebore, onder die water. Die kalfie kan nie kop eerste gebore word soos ander soogdiere nie, anders sal hy verdrink! Daar is dikwels ’n ander koei wat help om die pasgebore kalfie na die oppervlak te help sodat hy sy eerste asemteug kan neem. So ’n “tante” dolfyn help ook om die kalfie te beskerm wanneer gevaar dreig.

 

Red dolfyne regtig mense?

Daar was al verskeie gevalle waar dolfyne mense van verdrinking gered het. Een so ’n verhaal is dié van ’n jong vrou wat probeer het om land toe te swem nadat die skip waarop sy was, langs die Mosambiekse kus gestrand het. Sy was beseer, en kort voor lank het haaie om haar begin draai… Dink net hoe bly was sy toe twee dolfyne opdaag en haar na ’n boei toe help! Hier kon sy veilig wag totdat hulp opgedaag het.

 

Lees verder...