binneste
skool
pret

Jou vel

 

’n Babatjie se velletjie is sag en glad, maar ’n ouma se vel is vol kreukeltjies en nie so sag of glad nie (selfs al het sy allerhande wonderlike velrome gebruik!)

 

Jou vel vorm ’n waterdigte lagie oor jou lyf wat die binneste dele van jou liggaam beskerm. Jou vel help om jou koel te hou as dit warm is, en warm te hou as dit koel is.

 

Wat is vel?

Jou vel bestaan uit lagies klein selletjies. Die boonste lagie word die epidermis genoem. Die epidermis het dooie selle wat aanhoudend afskuur. Nuwe selle word voortdurend gevorm.

 

Die onderste gedeelte van die vel word die dermis genoem. Die dermis het senuselletjies wat boodskappe na jou brein stuur, en sweetkliere wat lei na klein gaatjies in die vel wat porieë genoem word. Die wortels van die hare word in die haarfollikels in die dermis aangetref. Kliere in die dermis maak olie wat die vel en hare beskerm.

 

Ingeboude lugversorging

Wanneer jy warm kry, sweet jy. Die sweet verdamp en dit koel jou liggaam af.

 

Velkleur

Mense het verskillende velkleure. Velkleur help om mense te beskerm teen die skadelike ultravioletstrale van die son. In die epidermis word ’n donkerkleurige pigment, melanien, aangetref, wat die ultravioletstrale absorbeer. Mense met ligte velle word donkerder in die son, omdat hul liggame ekstra melanien produseer om hulle teen die ultravioletstrale te beskerm.

 

Wat is sproete en moedervlekkies (beauty spots)?

Dit is dele van die vel wat meer melanien bevat en dus donkerder vertoon as die res van die vel.

 

Lees verder...