binneste
skool
pret

Hoe beweeg ek?

 

Ons laat dele van ons liggame beweeg deur ons spiere te gebruik. Alle beweging is óf willekeurig (m.a.w. jy besluit om dit te laat beweeg) óf  onwillekeurig (dit gebeur outomaties). Ons kan baie bly wees dat baie van ons spiere outomaties beweeg, anders sou ons soos Ritmie moes wakker bly en aanhoudend moes onthou om ons harte te laat klop en ons longe om asem te haal!

 

 

Spiere bestaan uit saamgebondelde spierselle, en is ryk aan proteïne.

Daar is drie verskillende spiersoorte:

· Skeletspiere

· Hartspiere

· Gladde spiere

 

Skeletspiere help jou om te beweeg – dit laat byvoorbeeld jou nek draai of jou arm oplig of jou been vorentoe beweeg. Ons liggame bestaan elkeen uit sowat 600 skeletspiere.

 

Skeletspiere word gewoonlik met senings aan die bene vasgeheg.

Twee verskillende spierweefsels word in skeletspiere aangetref: tipe I en tipe II. Tipe I trek stadig saam, maar het ’n lang uithouvermoë. Langafstandatlete het dit nodig. Tipe II kan blitssnel saamtrek, en naellopers en verspring en hoogspring atlete het hierdie weefsels nodig om goed te presteer.

 

Hartspiere kom slegs in die hart voor.

 

Gladde spiere is verantwoordelik vir die sametrekking van inwendige organe, byvoorbeeld om jou kos deur jou spysverteringstelsel te laat beweeg. Nadat jy ’n happie kos ingesluk het, vergeet jy daarvan en konsentreer reeds daarop om die volgende happie te sluk. As jou gladde spiere nie gesorg het dat die kos voortbeweeg deur jou liggaam nie, sal daar ’n opeenhoping plaasvind!

 

Lees verder...