binneste
skool
pret

Hoe hoor ek?

 

Voordat jy verder lees, moet jy eers ietsie doen:  Maak jou oë styf toe en luister wat jy alles kan hoor.

 

Wat het jy gehoor:  dalk musiek, mense wat gesels, ’n hond wat blaf, ’n voëltjie wat sing, ’n wasmasjien of motors wat ry?

 

Hoe werk dit dat ’n mens kan hoor?

 

Die deel van die oor wat jy kan sien, vang die geluide op.  Dit noem ons die oorskulp.  Dit gelei die klanke na die oorkanaal, vanwaar dit na die trommelvlies gelei word.  Klankgolwe maak dat die trommelvlies vibreer, net soos die vel van ’n trom vibreer as jy dit slaan.

 

Die trommelvlies dra die vibrasies oor na drie beentjies (hulle word die hamer, aambeeld en stiebeuel genoem).  Die vibrasies word deur die drie beentjies oorgedra na die binne-oor.  In die binne-oor is daar ’n opgekrulde buis waarin daar baie klein senuwees is.  Die senuwees neem dan die klankboodskappe na die brein, en die brein vertel vir ons wat ons hoor.

 

Doofheid kan veroorsaak word deur skade aan enige deel van die oor, soos die oordrom, die klein beentjies of die senuwees wat boodskappe na die brein stuur.

 

Lees verder...