binneste
skool
pret

Jy is uniek!

 

Het jy geweet dat daar tussen al die biljoene mense op aarde nêrens iemand is wat presies soos jy is nie?  Daar is net EEN van jou!

 

Sommige mense het swart hare, ander is blond. Party het bruin oë, ander blou of groen. Sommige mense het ligte velle, ander s’n is donker. Sommiges is lank en ander is kort. Maar eintlik is daar nog baie meer verskille...

 

 

 

 

 

 

Wat maak jou anders?

Elke mens se liggaam bestaan uit ’n groot klomp selle.  Hulle is so klein dat jy hulle nie eens met jou oog kan sien nie.  In die middel van elke sel is ’n stringetjie inligting.  Hierdie stringetjies inligting word gene genoem.  Elke mens se gene bevat ’n spesifieke patroon, en dit is hierdie patroon wat bepaal hoe jou liggaam ontwikkel en hoe jy uiteindelik sal lyk.

 

                        Elke mens het unieke:

                         · Vingerafdrukke

                        · Tongpatrone

                        · Reuk

                        · Hare

 

Het jy geweet?

God het jou baie spesiaal gemaak.  Nog voordat jy gebore is, het Hy presies geweet hoe jy gaan lyk. Hy ontwerp elke mens en beplan hoe jou unieke patroon gaan lyk - ook watse persoonlikheid jy gaan hê.  

 

Slegs 3 maande nadat jy in jou ma se baarmoeder begin groei het, het jy al jou eie unieke vingerafdrukke gehad!

 

Vingerafdrukke

Die vel van jou handpalms en vingers het fyn riffeltjies.  Hierdie riffeltjies stel jou in staat om goeters op te tel en vas te hou.  Elke mens se riffels het ’n unieke patroon.  En boonop verskil die patrone nog van vinger tot vinger ook!  

 

Lees verder...