binneste
skool
pret

Maak ’n decoupage kers

 

LANK GELEDE, VOOR ELEKTRISITEIT WAS KERSE DIE MANIER OM DONKER TE VERDRYF. VANDAG WORD DIT MEER GEBRUIK OM ATMOSFEER TE SKEP ENN TAFEL TE VERFRAAI. MAAK HIERDIE KERS LAG-LAG EN VERRAS IEMAND MET DIE HANDGEMAAKTE PRESENT!

 

BENODIGDHEDE:

’n Groot gladde kers

Klein blommetjies blaartjies

’n Groot dik boek

Sneesdoekies / toiletpapier

Modge podge

Kwas

 

METODE:

Heel eerste moet jy die klein blommetjies pars deur dit tussen sneesdoekies binne-in die dik boek te plaas en sowat twee weke daar te laat. Gesiggies, krismisrose, floksies en verbenas werk goed.

 

Wanneer die blommetjies reg is, kies ’n paar uit en besluit hoe jy dit op die kers wil rangskik.

Verf  een lagie modge podge op die kers.

Plas die blommetjies en blaartjies versigtig op die nat kers.

Wend nog een laag modge podge aan.

As die gedroogde blommetjies se kleur bietjie vaal lyk, verf ’n klein bietjie verf oor om dit bietjie op te helder.

Laat droog word. Wend nog so 6 lagies aan, laat elke keer droog word voordat die volgende lagie aangewend word.

 

Siedaar, jou KERS om die DONKER vir iemand te verdryf, is klaar!