binneste
skool
pret

Raai, raai, hoe oud is Nemo?

 

Bome se ouderdom word bepaal deur die jaarringe op die stam te tel. Visse se ouderdom word bepaal deur die ringe op hul skubbe te tel. Maar daar is ’n verskil: ’n boom kry elke jaar net een jaarring by, terwyl ’n vis se skub elke jaar heelwat ringe bykry. Gedurende die somermaande is die kos volop en groei die skubbe baie (somerringe is ver van mekaar af.)  In die winter is kos skaars en groei die skubbe minder (winterringe is nader aan mekaar.)

 

Visse mooier geklee as Hollywoodsterre

 

Hoekom is tropiese vissies se kleure so pragtig en skitterend? Die skitterende kleure word veroorsaak deur silwerwit kristalle van ’n stof wat guanine genoem word.

 

 

 

 

 

 

Verkleurmannetjie-visse

 

Sommige visse kan van kleur verander soos verkleurmannetjies sodat hulle met hul agtergrond saamsmelt en makliker vir hul vyande kan wegkruip. Hulle het kleurstofselle. Elke kleurstofsel het net een kleur – geel, oranje, rooi of swart. Die vis kan die kleurstof saamtrek sodat dit amper onsigbaar is , of dit laat uitsit sodat die hele sel daarmee gevul is. Die verskillende kombinasies van kleurselle wat verkry word, bepaal die kleurverandering van die vis.

 

Visse het nie longe nie

 

Die sye en agterkant van die mondholte van die vis is vol spleetjies. Gwoonlik is daar vyf pare spleetjies (kieu-openinge). Hierdie openinge word aan albei kante omsluit deur kieue, wat baie bloed bevat. As die vis asemhaal, suig hy water by sy mond in. Die water word dan oor die kieue gepomp. Bloed vloei deur die kieue en haal suurstof uit die water uit. Die stikstof wat die vis uitasem, word by die kieue uitgepomp.