binneste
skool
pret

Hoe om ‘n oulike maat te wees

 

Almal het maats, behalwe ek!

 

Het jy al so gevoel? Dan wil ek jou graag vandag troos. Jy is definitief nie die enigste een wat al met hierdie probleem gesukkel het nie. Om die waarheid te sê, meeste kinders het van tyd tot tyd probleme met maats-maak.

 

Hier volg ’n paar goeie wenke. Vra vir Mamma of Pappa om jou te help om dit uit te probeer.

 

 

· Jy moet weet hoe om ’n gesprek met ’n ander maat te voer:

Dit wil sê, om die maat te kan groet (“Hello my naam is Ben, wat is jou naam? Hoe oud is jy... “Speel julle ook albasters, wys my hoe speel julle albasters, dan wys ek jou hoe speel ons...Ons doen “handstands”... Sal jy asseblief saam met my “handstands” doen... )

Wanneer ’n maat met jou praat, kyk hom of haar in die oë en antwoord vrae as jy die antwoorde ken, andersins sê “ek weet nie” of “ek wil nie”.

 

· Jy moet belangstel in ander maats:

Dit beteken jy moet nie net heeltyd van jouself vertel of spog oor hoe ryk julle is of watter speelgoed jy het nie.

Jy kan ook vir die maat vra: “Waar was julle die vakansie... Van watter skyfies hou jy... Ek hou van die nuwe Smarties, en jy... Vir watter rugbyspan skree jy... Watter posisie speel jy in die netbal... Hoe was die wiskunde toets vir jou... Wat dink jy gaan vanaand in Sewende Laan gebeur...”

 

· Hoe om iemand te help:

As ’n maats sukkel met iets, nie weet wat om te besluit nie, hartseer is, miskien seergekry het of iets verloor het, is dit belangrik dat jy nie net weghardloop of net die maat aankyk nie. Nee, jy moet dadelik vir die maat  troos deur te sê “Toe maar, ek sal jou help om jou goed op te tel.” of “Ek sien jy het jou broodjies vergeet, hier is vir jou een van myne.” of “Kom, ek gaan saam met jou na die siekeboeg toe.”

 

· Hoe om advies te gee:

Dit is baie belangrik dat kinders luister as ander met hulle praat of raad vra en nie bang is om vir die maat te help om keuses te maak nie “Vat eerder die rooi suigstokkie, want die bloue is suur”.

 

· Hoe om ’n uitnodiging te gee en te ontvang:

 

Maats hou daarvan om by mekaar te gaan speel, saam te gaan fliek en mekaar te nooi na partytjies. Wanneer ’n maat jou nooi om by hom te kom speel, sê “dankie dat jy my genooi het, ek sal vir my ma vra of ek mag gaan”. As jy wil hê ’n maat moet by jou kom speel, vra vir Mamma om die maat se ma te bel. As jy ’n uitnodiging kry na ’n verjaarsdagpartytjie, sê dankie vir die maat en vra vir Mamma of jy mag gaan.

 

Lees verder...