binneste
skool
pret

Ons bestes

Jonty Rhodes was een van ons beroemdste krieketspelers, maar het julle geweet hy was ook ‘n baie goeie hokkiespeler? Krieketspelers is baie keer ook goeie hokkiespelers.

 

Pietie Coetsee was een van ons beste vroue-spelers. Sy was maar net sestien jaar oud toe sy vir die eerste keer vir Suid-Afrika gespeel het. Sy het altesaam 210 toetse gespeel voordat sy uitgetree het.

 

Toerusting

‘n Mens speel nie hokkie met sommer enige ou stok nie. Hokkiestokke  is lig, maar baie hard. Die stok is gebuig onder, sodat dit maklik oor die gras kan gly. ‘n Hokkiestok is plat van voor, maar agter rond. Jy mag die bal slegs met die plat kant slaan. As jy die ronde kant gebruik, straf die skeidsregter jou.

 

‘n Speler kan stilstaan en die bal na ‘n ander speler toe slaan, of hardloop met die bal en dit dribbel. Omdat die bal nie baie groot is nie, en die hokkiestok taamlik smal is, is dit moeilik om ‘n bal op die gras te dribbel. Jy slaan hom maklik mis!

 

Spelers dra beenskerms wat net soos dié van sokkerspelers lyk, want die bal en die hokkiestokke kan hulle bene baie seer maak.  Spelers dra ook spesiale hokkieskoene. Om doelwagter te speel, is nogal gevaarlik, want die bal word baie vinnig na die net toe geslaan. Daarom dra hulle ‘n kopskerm, beenskerms, groot handskoene en ‘n gesigskerm.