binneste
skool
pret

Tennisballe was eers spierwit, maar is deesdae geel sodat spelers hulle makliker kan raaksien. ’n Geel bal kan ook makliker op die TV-skerm gesien word.

 

Spelers verdien baie geld

Aan die begin kon net amateurs aan tennistoernooie deelneem. Dit beteken dat ’n speler nie betaal is om te speel nie en die wenners het net ’n beker of trofee ontvang. Deesdae verdien goeie professionele spelers miljoene rande per jaar, selfs al wen hulle nie toernooie nie. Hulle word ook baie betaal om produkte te adverteer. ’n Speler wat aan groot toernooie deelneem, het gewoonlik ’n afrigter wat oral saam met hom toer.

 

Harde werk

Om ’n professionele speler te wees, is nie altyd maklik nie. Spelers moet amper elke dag van die jaar hard oefen. Hulle sien omtrent nooit hulle huise en familie nie en leef in hotelle.

 

Begin vroeg

As jy graag ’n goeie speler wil word, sal jy sommer nou al moet begin. Die meeste kampioene speel al van kleins af tennis. Baie laerskole het tennisbane en ook iemand wat die leerlinge afrig. Daar is ook afrigters wat jong spelers privaat afrig.