binneste
skool
pret

Veronderstel dat jy nou ’n tweede katrol byvoeg:

Hierdie metode verander wel ’n paar dinge.  Die gewig hang nou aan twee katrolle i.p.v. net een. Dit beteken die gewig word nou eweredig gedra tussen die twee katrolle – elke katrol dra nou 5 kg. Jy hoef nou slegs 5 kg se krag uit te oefen om die gewig in die lug te laat hang. As jy die gewig 10 m hoër wil oplig, moet jy twee keer soveel tou intrek, naamlik 20 m. Dit toon aan dat daar ’n krag-afstand kompromis is. Die krag is gehalveer, maar die afstand wat die tou getrek moet word, het verdubbel.

As jy meer as een katrol gebruik, kan jy dus die oplig-krag vermeerder. As jy twee katrolle gebruik, verdubbel jy die stygkrag. As jy ses katrolle gebruik, vermeerder jy die stygkrag met ses keer!

 

Jy kan soveel katrolle gebruik soos wat jy wil, maar daar is ’n punt waar die hoeveelheid wrywing in die katrolskagte soveel weerstand begin gee, dat dit nie die moeite werd is om meer katrolle by te voeg nie.