binneste
skool
pret

Metode

 

· Vou elke vel tissue papier dubbel.

· Teken die vorm van ’n lugballon liggies op die een vel.

· Sny dit uit.

· Gebruik die eerste een as ’n voorbeeld om die ander 3 velle presies dieselfde te sny.

· Vou die eerste paneel oop en smeer gom op die rand van die een helfte.

· Plaas die twee paneel bo-op en plak dit vas.

· Herhaal met al vier panele tot al vier panele vas aanmekaar is en ’n groot ballon vorm. (L.W. onderkant moet oop wees.)

· Sny ’n raampie uit karton – die lengte en breedte moet so wyd wees soos die oop basis van die lugballon.

· Plak die oop kante van die lugballon vas aan kartonraampie.

· Maak op elke sy van die raampie ’n piepklein gaatjie en druk ’n toutjie daardeur.

· Knoop die toutjie sodat hy nie deur die gaatjie glip nie en plak dit ook vas met ’n stukkie kleeflint.

· Maak die mandjie vas aan die vier stukkies tou.

 

· Blaas die warm lug van die haardroër in die ballon en kyk hoe jou lugballon opstyg!

 

 

 

Eksperimenteer

 

· Kyk of jou lugballon beter werk in ’n warm vertrek of in ’n koue vertrek.

· Kyk wat gebeur as jy die haardroër só stel dat dit koue lug uitblaas.

· Maak ’n paar passasiers van klei en plaas hulle in die mandjie. Het die lugballon nou meer warm lug nodig om op te styg?

· Sal ’n groter lugballon makliker opstyg? Bou een en kyk.