binneste
skool
pret

Eksperimenteer self:maak ’n reënboog

· Plaas ’n deurskynende glas met water op ’n vensterbank waar die son helder inskyn.

· Plaas ’n groot stuk wit papier op die vloer onder die venster.

· Jy sal ’n reënboog sien op die papier.

(Die glas met water buig die sonstrale op soortgelyke wyse as wat ’n glasprisma dit doen.)

 

Maak wit lig uit reënboogkleure

· Teken ’n sirkel met deursnee 10cm op ’n stuk harde karton. (Vra vir Pappa om te help.)

· Deel die sirkel op in 7 ewe groot segmente.

· Kleur die segmente in volgorde in (verkieslik met vetkryt of oliepastelle): Pers, donkerblou, ligblou, groen, geel, oranje, rooi.

· Druk ’n spyker deur die karton en plak dit vas.

· Plaas die spyker in ’n handboor. Draai die handvatsel van die handboor vinnig sodat die karton vinnig in die rondte draai.

· Die reënboogkleure meng totdat die skyf wit vertoon.

 

Reënboë herinner ons aan ’n belofte…

God het vir Noag die opdrag gegee om ’n ark te bou en om sy gesin, sowel as mannetjie en wyfie van elke diersoort, daar te laat ingaan sodat hulle veilig sal wees wanneer die sondvloed almal uitwis. Na die vloed het die Here ’n verbond (ooreenkoms) met Noag gesluit. God sal sorg dat die hele aarde se mense en diere nie weer deur ’n vloed uitgewis sal word nie. Die reënboog is die teken wat ons aan hierdie verbond herinner.

 

Genesis 9:15b, 16 sê: “Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek (die Here) dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”