binneste
skool
pret

Hoekom lyk Oosterse mense geel?

Mense wat velle het wat geel vertoon, het meer van die pigment karoteen in die dermis van hul velle.

 

Hoe werk sonbrand?

I n die vel is melanosiete. As jou vel aan die ultravioletstrale (UV-strale) van die son blootgestel word, stimuleer dit die melanosiete om meer van die pigment melanien te produseer. Melanien kan die UV-strale se bestraling absorbeer, en só beskerm dit die selle teen sonbrand. Dit neem egter tyd vir die liggaam om genoeg melanien te maak om jou vel te beskerm. Jy kan dus nie sonbruin word binne een dag nie. Jy moet jouself vir so 7 dae elke dag ’n bietjie aan die son blootstel sodat genoeg melanien kan vorm om jou te beskerm, en so word jy mooi bruin.

 

Mense wat van nature donker velle het, het meer melanien en is dus voortdurend beskermd teen die skadelike strale van die son. Mense met ligte velle is nie van nature beskermd nie en kan daarom baie makliker seer brand. Mense met donker velle kry minder gereeld velkanker.

 

Oppas!

Almal wil altyd graag mooi bruin wees, maar elke keer as jy seer brand van die son, verhoog jy jou kanse op velkanker. Al brand jy net effens rooi, word die boonste lagie van jou vel vernietig, amper asof jy dit met ’n strykyster gebrand het. (Dit is hoekom jy later afdop.)

 

As jy jouself eenkeer baie seer verbrand in die son, verdubbel jy jou kanse om velkanker op te doen!

 

Hoe kan jy jouself beskerm?

· Bly sover moontlik uit die son tussen 10:00 en 16:00.

· As jy daardie tyd in die son moet wees, smeer gereeld sonskermroom aan: elke twee ure, maar meer gereeld as jy swem of sweet.

· Beskerm jou ore met ’n hoed of met sonskermroom.

· Moenie jou lippe vergeet nie – seergebrande lippe is baie seer.

· Sit ekstra beskerming op jou neus – ’n room met ’n hoër SPF faktor.

· Oppas vir koel bewolkte dae. Baie mense het hulself al misgis en gedink dat hulle nie sal brand as dit effens bewolk is nie, net om te ontdek dat hulle baie seer kan brand!