binneste
skool
pret

Wat is asma?

By sommige mense vernou die longpypies as hulle iets inasem waarvoor hulle allergies is, bv. stof of stuifmeel. Dit kan ook gebeur as hulle siek is. Dan raak hulle baie benoud omdat hulle nie genoeg suurstof kan inasem en die koolsuurgas kan uitasem nie. So ’n persoon het asma, en word gewoonlik behandel met ’n asmapompie, wat help om die pypies te laat oopgaan sodat die persoon weer genoeg suustof kan inasem en die koolsuurgas kan uitasem.

 

Hoekom gaap jy?

As jy baie moeg is of gespanne is, haal jy vlakker asem, en jou liggaam kry te min suurstof. Jou liggaam wil dan gaap sodat jy meer suurstof kan inasem sodat die lug in die longpypies  verfris kan word en jy die koolsuurgas kan uitasem.

 

Wat gebeur as jy hoes?

As iets die asemhalingstelsel irriteer, probeer die liggaam daarvan ontslae raak deur lug vinnig uit te forseer. As jy byvoorbeeld bronchitis het, kan die slym die stelsel so irriteer dat jy aanhoudend hoes.

 

Het jy geweet?

· Lug beweeg teen 100 km/h as jy hik!

· ’n Volwassene kan soveel as 6 liter lug (m.a.w. drie 2l-koeldrankbottels vol) in sy longe in een asemteug optrek.