binneste
skool
pret

 

As die lens van jou oog só is dat dit nie ’n goeie beeld kan vorm nie, het jy ’n bril of kontaklense nodig om dit reg te stel.  As iemand nie ver kan sien nie, sê ons hy is bysiende.  In hierdie geval word die ligstrale van die voorwerp voor die retina gevorm en sien die persoon ’n verwronge en dowwe (blurred) beeld.  As iemand nie voorwerpe wat naby is goed kan sien nie, sê ons hy is versiende.  In hierdie geval word die ligstrale van die voorwerp agter die retina gevorm en sien die persoon weereens ’n verwronge beeld.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoekom “huil” mamma as sy uie kap?

Traankliere produseer ’n souterige vloeistof wat help om die bindvlies (die vliesie wat die oog beskerm) klam te hou en te help om klein stofdeeltjies uit te was.  Die bindvlies is baie sensitief en uie veroorsaak dat die traankliere meer en meer vloeistof produseer, wat veroorsaak dat dit later oorloop en veroorsaak dat trane by mamma se gesig afstroom.

 

Wat is kleurblind?

Meeste mense wat kleurblind is, kan nie die verskil tussen groen en rooi raaksien nie.  Dit kan nogal probleme by ’n verkeerslig veroorsaak!

 

Meeste diere kan nie die kleure sien wat ons sien nie.  Katte, honde en perde sien net wit, swart en grys.

 

 

Sien en die Bybel

Met ons oë kan ons baie van die mooi dinge wat God gemaak het, sien.  Dan kan ons Hom loof en prys.  Ons kan die blou lug, die wolke, die see, die berge, ’n stroompie, ’n mooi voëltjie, my familie en maats, ’n mooi blommetjie sien, en telkens dink dat Hy dit gemaak het en dat ek dit kan sien.

 

Psalm 8 sê dit so mooi:

O, Here, ons Here, almal op aarde kan sien hoe wonderlik U is!  As ek na die hemel kyk, kan ek sien hoe groot en sterk U is.  Selfs klein kindertjies kan U daaroor prys. Selfs mense wat nie van U hou nie, moet erken hoe wonderlik U is.  As ek in die nag opkyk, sien ek die maan en sterre wat U gemaak het.

[Die Bybel@kinders.co.za - Carpe Diem]