binneste
skool
pret

Die hardheid van klank word in desibels (dB) gemeet.  ’n Klank wat net hard genoeg is om te hoor, is so 10 desibels.  As jy aan klanke van bo 80 desibels blootgestel word, kan jy permanente gehoorskade opdoen.

 

Die maksimum blootstellingstydperk vir onbeskermde ore per dag is 8 ure by 90dB volgens die OSHA riglyne. Vir elke 5dB toename in volume, is die maksimum blootstellingstydperk die helfte, dit wil sê:

 

Klank Maksimum blootstellingstydperk per dag

90 dB 8 ure

95 dB 4 ure

100 dB 2 ure

110 dB 30 min

120 dB 7.5 min

 

Oorfone meet gemiddeld 110dB. Dit beteken dat jy nie langer as 30 minute per dag met oorfone na musiek kan luister nie, anders sal jy permanente gehoorskade opdoen.

 

Klank Gevaarsone

150 dB Stralervliegtuig wat opstyg; rock musiek piek

140 dB Geweerskoot

130 dB Rock konsert, lugdrukboor

120 dB Motorradio, orkesoefening

110 dB Dansklub, oorfone

100 dB Fabriek

 90 dB Hoofweg

 80 dB Besige straat

 70 dB Restaurant

 60 dB Gesprek

 

(Sien www.hearnet.com vir meer inligting.)

 

Hoekom slaan my ore toe as ons berge toe ry of in ’n vliegtuig vlieg?

 

Die middeloor (agter die oordrom) is ’n luggevulde holte wat verbind is met die neus deur ’n nou buisie.  Lug kan deur hierdie buisie beweeg om die middeloor se druk dieselfde te hou as die buitewêreld.  Wanneer jy teen ’n steil bult uitry, word die lugdruk buite laer as die druk in die middeloor, en dit maak dat jou ore pyn.  Dit help om hard te sluk of om iets te suig sodat die druk in die middeloor weer dieselfde is as die buitenste druk.

 

Hoekom word mens seesiek?

 

Naby aan die opgerolde buisie in die binne-oor is daar drie kanale wat gevul is met vloeistof.  Wanneer jy beweeg, beweeg hierdie vloeistof in die kanale. Dit stimuleer klein haartjies om boodskappe na jou brein te stuur wat jou help om te balanseer.

 

Lees verder...