binneste
skool
pret

 

 

Niemand lyk presies soos jy nie, maar jy lyk waarskynlik meer soos jou ouers, broers en susters as wat jy na jou klasmaats lyk.  Dit is omdat jy die helfte van jou gene van jou pa gekry het en die ander helfte van jou ma.  

 

Jy kry dalk jou ma se krulhare terwyl jou boetie jou pa se steil hare kry. Dit word bepaal deur watter gene jy gekry het en watter jou boetie gekry het.  Daar is soveel moontlikhede dat jou ouers duisende kinders kan kry en nie een van hulle sal presies dieselfde wees nie!

 

Jy kan selfs eienskappe van jou oupa of ouma erf, want hul gene is na jou pa of ma oorgedra en toe weer na jou oorgedra.