binneste
skool
pret

Het julle geweet dat daar ‘n spesiale alfabet bestaan vir al die klanke wat ons kan maak.  Die alfabet word fonetika, of die fonetiese alfabet genoem. Selfs klanke wat in Engels of Xhosa voorkom kry ons in dié alfabet.

 

Moes jy al ‘n toespraak lewer en as jy wil praat, is jou stem net weg?  Die rede daarvoor is dat spraak beheer word deur ‘n sekere deel van die brein wat deur emosie (hoe jy voel) beïnvloed kan word.  As jy baie bang is om die toespraak te lewer, kan hierdie benoud-heid, veroorsaak dat jy nie kan praat nie.  Net so kan ‘n mens sprakeloos wees van woede.  Ek hoop nie jy het al jou onderwyser so kwaad gemaak nie!

 

 

Vinnige sêgoed:

 

Probeer bietjie om die volgende vinnig te sê, maar oppas om nie lelik te praat nie!

 

My liewe neef Louw, my neus jeuk nou, jeuk my liewe neef Louw se neus ook nou?

 

Die kat krap die krulle van die trap.

 

Rooi ribbokram staan teen die rand.

 

Taal en die Bybel:

Verskillende tale het ontstaan nadat God die mense se tale verwar het by die toring van Babel.  Vandag leer baie mense om Engels te praat, sodat mense van verskillende tale mekaar kan verstaan.  As jy egter in ‘n land soos Frankryk kom, help jou Engels jou dikwels nie veel nie, en voel jy maar baie hulpeloos as jy jouself nie verstaanbaar kan maak nie!

 

Gelukkig verstaan die Here as jy met Hom praat – of dit nou Afrikaans, Xhosa, Russies of Japannees is!  Hy verstaan selfs die gebaretaal van die dowe mense.  En as jy dalk sukkel om te praat, hoef jy ook nie bekommerd te wees nie – Hy ken jou gedagtes en verstaan dit.

 

Verder moet jy onthou dat die Here nie vir jou ‘n stem gegee het om lelike goed vir asnder te sê nie.  Kyk  wat staan in Matt 12:36-37:

Oppas wat jy vir ander mense sê.  Want die Here onthou lelike woorde wat jy vir jou maats of vir ander mense sê.  Eendag sal jy aan Hom moet verduidelik hoekom jy dit gesê het.

[Die Bybel@kinders.co.za - Carpe Diem]